Pro Patria Museum – Operasie Meebos-gedenklesing

Pro Patria Museum – Operasie Meebos-gedenklesing

Die beplanning van Operasie Meebos in Augustus 1981 het plaasgevind as gevolg van die magsopbou van PLAN en FAPLA en om die besetting van die dorpe Xangongo en Ongiva, wat die SAW beset het tydens Operasie Protea, te bevestig. 


Die tweede doelwit van Operasie Meebos was om SWAPO-basisse en -hoofkwartiere te identifiseer en te vernietig. 61 Meg Bn Gp was die Bde Reserwe en het ’n spesifieke rol in elke aanval vertolk. 32 Bn het hoofsaaklik die verkenningsvermoë verskaf en saam met 1 Valskermbataljon die infanterie voet op die grond. Die operasie was van 12 Julie tot 25 Augustus 1982.

Kom luister na ’n paneelgesprek deur die leiers op die grond wat betrokke was: Lawrence Smith en Jan Malan van 61 Meg, dr. Rinus van Rensburg van die "Medics" en Cobus van Jaarsveld van 1 Valskermbataljon. Die aanbieding is ’n oudiovisuele aanbieding met baie foto’s en video’s, asook die terugvoer oor die Pro Patria Museum-projek waar die Grensoorlogmuseum gebou word.Die beplanning van Operasie Meebos in Augustus 1981 het plaasgevind as gevolg van die magsopbou van PLAN en FAPLA en om die besetting van die dorpe Xangongo en Ongiva, wat die SAW beset het tydens Operasie Protea, te bevestig.

Kaartjies beskikbaar deur hier te klik:

 

Back to blog